
=====================================================================
Toonvenster van talent (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Toonvenster van talent

DIE eerste Nasionale Afrikaans-Ekspo vir horskoolleerlinge het op 10 Oktober in die skoolsaal van die Horskool Menlopark in Pretoria 
plaasgevind. Leerlinge in skooldrag van skole landwyd het 'n kleurryke prentjie gevorm. Die gehoor is deur opgewonde leerlinge en vrolike 
plakkate begroet.

Prof. Elize Botha, kanselier van die Universiteit van Stellenbosch, beskermvrou van die ekspo en voorsitter van die trustees van die 
Stigting vir Afrikaans, het die verrigtinge geopen. Bykans 600 sertifikate en medaljes is oorhandig. Boek- en kontantpryse is verwerf deur 
leerlinge met 90% en hor en kategoriewenners. Volgens dr. Maritha Snyman, dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria en 
beoordelaar, is hierdie nuwe Afrikaans-Ekspo 'n groot sukses, veral vanwe die ho standaard in alle kategorie. Die leerlinge het met 
geesdrif hul kreatiwiteit in inskrywings van ho gehalte uitgeleef.

Aanvanklik het 43 hor skole landwyd aan die Plaaslike Ekspo's deelgeneem (sowat 5 200 inskrywings). Altesame 38 skole het deurgedring tot 
die Streek-Ekspo's. Slegs inskrywings met 'n A-simbool het deurgedring tot die Nasionale Ekspo. Di inskrywings het dertien skole in 
Gauteng verteenwoordig, tien in die Vrystaat, drie in KwaZulu-Natal en sewe in die Wes- en die Oos-Kaap.

Die gewildste van ses kategorie was die skryfkuns, met slagspreuke en entrepreneurskap kort op sy hakke. Die treffendste inskrywings het 
uit lg. kategorie gekom.

Ons s vir die jeug baie dankie! Julle het bewys Afrikaans blom as voertaal, skryf- en doentaal.   Henritte du Toit , sameroeper van 
Afrikaans-Ekspo.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av555.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

